Op 17 Oktober was ons inwoners en versorgers van Maryport omtrent bederf deur die optrede van die Gospel  sangers, “Toeka tot Nou”.

Wat ‘n ware seëning was die optrede nie. Die talentvolle  groep het bestaan uit   sangers, ‘n kitaarspeler en ‘n begeleidster.

Sjoe die vol klank van hul stemme het die hele vertrek gevul en boonop het die liefde van Jesus uit hulle wese gestraal. Die inwoners kon hul verlustig daarin om ou  bekende liedere saam te sing. ‘n Mens kon die trane omtrent nie keer.

Elke inwoner het ook die vertrek verlaat met ‘n boksie tuisgebakte koekies! Wat ‘n heerlikheid!

Baie dankie vir elkeen van “Toeka tot Nou” dat julle ons kom besoek en bedien het.