Dit is slegs elke vierde jaar skrikkeljaar. Op 29 Februarie kan meisies ouens uitvra of selfs vra om te trou. As jou verjaardag op skrikkeldag val kan jy op 28 Februarie vir mense sê jy verjaar die dag na vandag maar is nie môre nie. En dit is die dag voor môre, maar dit is nie vandag nie.

Wel almal by Starck Homes het beslis ingekoop op die idee om pret te hê op skrikkeldag.

Of dit nou was om iemand uit te vra of ‘n huwelikaansoek te rig of sommer net, weet ek nie, maar pret was daar pret.

Mev. Toerien met baie formele mans uitrusting kyk darem baie liefdevol na Mnr. Ken Steven met sy fraai blom in die hare.

Ek wonder wat is daar gefluister? Dalk is daar iemand wat baie jaloers is?

Kyk in die volgende uitgawe.