Op 20 Junie om 9vm, het 37 gaste – Vaders, seuns of dogters gearriveer vir ons Vadersdag ontbyt.  Almal het na die vroegoggend sherry met afwagting na die sitkame gegaan waar die pragtige gedekte tafels almal verwelkom het.  Gou gou is almal met die aptytlike ontbyt bedien wat met soveel smaak deur Dominico en WPC spyseniers berei is.

Ons het 3 gaste het oorgeborrel van opgwondenheid en het die gaste vermaak met hul pragtige stemme en klavierspel.  Ons bedank graag vir Liz Carstens, Adri Louw en Ronel van Dijk dat hul hul talent met ons kom deel het.

Ons is ook baie dankbaar dat Frans Swanepoel op ‘n baie kort kennisgewing vir ons ingestaan het as seremoniemeester.  Jy het jou goed van jou taak gekwyt.  Almal het vertrek met vol magies, harte vol liefde en ook ‘n gemoed vol musieknote.

Source: A. Huskisson