Mooi versierde tafels het die oumas, oumagrootjies en hul gaste begroet toe hul Woensdagoggend by Oosterzee se onthaallokaal instap.by elke sitplek was ‘n kaartjie met die woorde “ The only thing better than having you for a Mom, is my children having you for a Grandma”.

Paul Capes het almal welkom geheet en dit was toevallig ook sy verjaarsdag.Hy bring spesiale hulde aan al die moeders. Hulle is beplanners wat verskillende hoede dra, nl Ma, huisvrou, kok ens ter wille van hulle kinders. Haar onvoorwaardelike liefde vir haar kinders is lewenslank haar motivering. Kinders is dikwels nie bewus van hul moeders se belangstellings en voorkeure nie, en hulle moet probeer om kwaliteittyd saam met hul moeders deur te bring. Simone Bastiaanse, die Algemene bestuurde van Starck Homes, het ‘n spesiale jasbaadjie vertoon wat sy op 14 jarige ouderdom gekry het. Die baadjie is nou al 50 jaar oud. Haar dogters het die baadjie ook gedra. Sy wys op die kwaliteit daarvan.

Na ‘n heerlike ontbyt , (spesiaal berei deur Dominico en die personeel van WPC), het die gaskunstenaar, Belia Lourens die gehoor vermaak met haar pragtige stem en stories. Sy het vertel hoe sy op Gansbaai grootgeword het. Haar Pa was ‘n visserman. Sy het op 10 jaar al begin liedjies skryf langs die see en het dikwels saam met haar Pa op die see uitgegaan. Hulle het as gesin ook saam gesing en sy het altyd gedroom daaroor om formele sangopleiding te kry, wat sy toe later wel gekry het, en wel by die Conservatorium op Stellenbosch.

Haar man, Piet Lourens, staan bekend as Piet Perd omdat hy met sy perde en koetse optree by huwelike en funksies. Haar 2 dogters, albei onderwyseresse, woon inKatar. Daar is 2 kleinseuns, 2 en 4 jaar oud.
Sy is ook Ambassadeur by die prinses projek. ‘n Aantal dames het begin om matriekmeisies wat dit nie kan bekostig nie te help aan mooi klere vir die spesiale dag.sy stel daarna haar Cd’s bekend en sing gewilde opnames onder andere, Love changes everything, Time to say goodbye, ‘n gebed in Tsotsi en eindig af met You raise me up. Haar Cd’s was te koop vir R100.
Dit was ‘n genoeglike oggend en Paul het spesiale dank gebring aan WPC en hulle helpers, Simone Bastiaanse en Annemie Huskisson wat al die reëlings getref het.