Beste mev. Bastiaanse
Ek het net ‘n behoefte om te vertel hoe baie die dienste Donderdagmiddae in die kapel vir my beteken. Dit is my “happy hour” (eintlik “happiest hour”) van elke week.
Ten spyte van net ‘n handjievol mense wat dit bywoon, laat die leraars ons nooit voel of dit nie vir hulle die moeite werd is nie. Ons kry die mooiste en mees betekenisvolle boodskappe wat mens afterna met ‘n lied in die hard en ‘n gedagte of twee laat huis toe gaan. Hulle praat so mooi met ons bejaardes en skep ‘n atmosfeer wat my nie eers in my kerk so goed laat voel nie. Dit is werklik baie spesiaal vir my.
Daarom – ‘n baie groot DANKIE dat julle dit steeds vir ons reël. Baie dankie sommer vir alles wat julle hier vir ons almal doen. Dis geen geringe taak om so ‘n verskeidenheid bejaardes tevrede te stel nie.
Mooi wense vir jou en jou span.
Jenny van der Poel
Recent Comments