OP 9 Maart 2017 is die Maryport inwoners wat nog mobiel genoeg is in die 2 bussies gelaai. Ollie het behoorlik krokkodil trane gehuil toe hy sien dat ons wil vertrek sonder hom. Nodeloos om te sê hy het in die bussie geklim en is saam.

Ons het die pad aangedurf na Blouberg, Ons Huisie. Die personeel het daar gereedgestaan om ons te ontvang en te vergesel na die lokaal met ‘n asemrowende uitsig op die see.

Toe ons almal heerlike wafels en sap kry, het Ollie sy bakkie water gekry, want Ollie was gedaan na die stappie met Abri, of was dit eerder Abri wat gedaan was na die stappie met Ollie. Gelukkig is Blouberg hondevriendelik.

Al die inwoners en personeel het dit geniet en poegaai teruggekom huis toe.