(En alles is die “starcking truth!!”)
‘n Huis by George en Annie Starck Homes.
Is ‘n huis van ‘n heel ander aard!
Dit verskil heelwat van jou “grootword huis”.
Soos dit sal blyk uit wat jy nou verder sal lees.
Eerstens hier by ons in “The Barn”.
Kan daar soms heelwat eienaardige dinge aangaan.
Eerstens is hier niemand jonger as sewentig
En geeneen gebore in die tweede millennium!
Maar trots is ons om te sê.
Om twee inwoners van so ampertjies 100 jaar oud te hê.
Hier woon ons almal in vrede baie lekker saam.
En vang vir die lekker allerhande goeters aan.
Om die tyd heerlik te verwyl.
Eerder as om net te sit en oor ouer word te kwyl.
So hou ons byvoorbeeld gereeld pajamadril.
Vir elkeen (gewoonlik almal) wat so dapper is om te wil.
Om saans saam op die stoep met ‘n drankie te sit.
En te skinder of te gesels oor die verlede of kom wat wil.
Maar ons klomp is ook baie lojaal en getrou.
Om ons land se Feesdae te onthou.
So sal ons gereeld op die regte tyd die nasionale braaidag onthou.
En gereeld ‘n lekker vleisie en worsie oor die kole hou.
Ons steun ook soos een man die Bokke en BlitsBokke
En alle gebeure om ons land se naam hoog te hou.
Saam geniet ons al die lekker dinge by Oosterzee.
Wat gereël word om ons ‘n bietjie vermaak te gee.
Self skrikkeljaar het nie ons aandag ontglip.
En het ons een en almal in die regte drag geglip.
Van al hierdie dinge het ons fotografiese getuienis.
Kyk dus gerus na die foto’s as julle wil twis.
Ja-nee, Annie Starck is die plek om te wees.
Want hier heers oral die regte gees.
Om ‘n ieder en elk gelukkig te hou.
Dwarsdeur die jaar, deur winter en kou!
(Ingedien deur Carel Greyling met die toestemming van al die inwoners en ons huismoeder)
Recent Comments